SCIO Apparaat
Trap jy jou dokter se drumpel deur? Bring geen toetse meer antwoorde nie? Is jy raadop omdat geen raad, pil of krui meer hulp bied nie? Dalk is die SCIO apparaat die oplossing vir jou.
Die SCIO apparaat, tesame met n rekenaarprogram verklap geheime oor jou liggaam op sellulere en onbewuste vlak.
Die SCIO is gebaseer op natuurlike genesing wat reeds honderde jare gelede ontwikkel is, waarvan onder andere homeopatie een is.
Tegnologie maak dit moontlik om die liggaam in nanosekondes te meet. Fisieke toestande, organismes, organe, emosies en denkvorms het n unieke karakteristieke elektromagnetiese golflengte en kan dus deur die SCIO gemeet word. Die apparaat gee terugvoer van die wanbalanse. n Annalise van die inligting word deurgegee en word bespreek met die klient.
Die behandeling is veilig met min of geen newe effekte. Die mees algemene newe effek kan detoksifisering wees as gevolg van gifstowwe wat opgebou het in die liggaam.
Kliente ervaar meesal 'n ontspanne gevoel na 'n sessie.